Leeupoort Vakansiedorp Akkommodasie by 16 Heathstraat | LekkeSlaap
+24

16 Heathstraat

Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heathstraat 16 , Leeupoort, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

16 Heathstraat is in die Leeupoort-oord naby Thabazimbi.

Dié huis beskik oor 3 kamers en het slaapplek vir 7. Elke kamer het 'n dubbelbed. Daar is 2 badkamers waarvan 1 'n bad, wasbak, toilet en wasmasjien en die ander 'n stort, toilet en wasbak het. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n eetarea. 'n Enkelbed is vir 'n ekstra gas beskikbaar.

Daar is ook parkeerplek op die perseel.

Blouwildebeeste, impalas, sebras, bosvarke, koedoes en njalas wei vrylik tussen die huise.

Daar is ook 'n biblioteek, voetslaanroetes en 'n jukskei-baan op die perseel. Leeupoort het grondpaaie wat goed in stand gehou word en maklike toegang bied.

Daar is ook 3 swembaddens en 2 winkeltjies met basiese voorraad op die perseel. Daar is 2 restaurante, 'n drankwinkel en slagter in die area.

Die huis is 15 km vanaf Koedoeskop, 56 km vanaf Thabazimbi, 108 km vanaf Brits, 70 km vanaf Bela-Bela en 170 km vanaf Pretoria. Leeupoort is 'n vakansiedorpie in die hartjie van die Bosveld met 'n heerlike klimaat.

Slaapplek

’n Bespreking by 16 Heathstraat sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Heathstraat 16 , Leeupoort, Thabazimbi, 0486, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 7)
Vanaf R900
per nag (plek vir 7)
Vanaf R900
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heathstraat 16 , Leeupoort, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4faa88390b1b72b93ecf88a03f08c32f4be77469675865a413ffe840cd807ba0f250c6fd41b1bcd796ab8f9478b5f11867bf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 7) 16 Heath Street Leeupoort 0486 Limpopo 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -24.919804 27.632715
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za