LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 17 Birkenhead - E6 | LekkeSlaap
+18

17 Birkenhead - E6

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat , Birkenhead 17, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 070 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

17 Birkenhead - E6 is 'n selfsorg-woonstel in 'n kompleks in die hoofstraat van Hermanus. Dié gewilde vakansiedorpie lê aan die suidelike kus van die Wes-Kaap en is veral bekend vir sy walviskyk-geleenthede vanaf die land of per boot. Hermanus spog met pragtige natuurskoon, 'n matige klimaat, tientalle buitelug-doendinge, verskeie blomspesies en dis ook lekker naby Kaapstad wat dit die perfekte basis maak vir gaste wat die Kaapse Overberg wil verken.

Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die aparte tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en die eetarea het sitplek vir 6. In die sitkamer is daar gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe en asemrowende uitsigte.

Minimumbespreking - 7 dae.

Slaapplek

’n Bespreking by 17 Birkenhead - E6 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Hoofstraat , Birkenhead 17, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 070
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 070
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat , Birkenhead 17, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFjMzQzMjc3LTRkYjQtNDRmYy1iOGNhLTAzOWEzNDliMTZjYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 070  per nag (plek vir 6) Main Road 17 Birkenhead 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.418198 19.244264
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!