17 Magneten

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

17 Magneten is ’n selfsorg-vakansiehuis in Whale Rock, Plettenbergbaai, slegs ’n kort entjie se ry vanafdie 6 Blouvlagstrande waarvoor dié kusdorp bekend is, en minder as 3 km vanaf Beacon Isle-winkelsentrum.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en het 5 slaapkamers, 4 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die tweede een het ’n dubbelbed. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die vyfde een het 2 enkelbeddens en ’n stapelbed.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n ontbytkroeg met stoele en ’n opwaskamer met ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer het ’n gemaklike sitkamerstel en ’n platskerm-TV teen die muur.

Die huis het ook ’n ontspanningskamer met ’n droeë kroeg, platskerm-TV teen die muur en ’n pooltafel. Dubbeldeure lei na ’n sonverhitte Jacuzzi. Daar is ook ontstpanningsgeriewe rondom die swembad soos ingeboude braaigeriewe, onderdaksitplek en ’n piekniektafel.

Slaapplek

'n Bespreking by 17 Magneten sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 17 Magneten gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 200 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za