Jeffreysbaai Akkommodasie by 17 on Periwinkle | LekkeSlaap
+55
+55

17 on Periwinkle

  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Periwinklestraat 17, C-Place, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

17 on Periwinkle beskik oor 2 selfsorgwoonstelle met privaat ingange wat aan die hoofhuis grens in Jeffreysbaai.

Die 2 eenslaapkamer-eenhede is het slaapplek vir 4 tot 6 gaste elkeen. Eenheid A beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ekstra slaapplek op 'n baie gemaklike slaapbank met 'n pasgemaakte matras in die leefarea. Die leefarea is nogal klein wanneer die slaapbank gebruik word. Die eenheid het 'n oopplan-kombuis met 'n drieplaatstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n yskas. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv-kanale en lugversorging. Daar is 'n privaat braai-area buite. Die swembad word gedeel en daar is onderdakparkeerplek voor die eenheid.

Eenheid B is langs die swembad geleë. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ekstra slaapplek op enkelstapelbeddens en 'n baie gemaklike slaapbank met 'n pasgemaakte matras in die leefarea. Die eenheid het 'n oopplan-kombuis met 'n stoof, wasmasjien, strykgeriewe, 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, kisvrieskas en 'n yskas. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv-kanale en lugversorging. Daar is 'n lieflike onderdakstoep en braai-area by die swembad en trampolien. Onderdakparkeerplek is voor die eenheid beskikbaar.

Die eenhede is sowat 1,8 km van die naaste strand af en 1 km van die naaste winkelsentrum af. Jeffreysbaai, bekend as J-Bay, is 'n pragtige kusdorp in die Oos-Kaap, sowat 'n uur se ry vanaf Port Elizabeth. Hierdie beroemde branderplankrybestemming word gekenmerk deur "klein dorpie"-besienswaardighede, ongerepte skulpiestrande, en die beste branderplankrygolwe in Suid-Afrika.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 61 resensies vir 17 on Periwinkle
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Periwinklestraat 17, C-Place, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink 17 on Periwinkle het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Periwinklestraat 17, C-Place, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjoLobMLwZEOnbTUemlDbptpqpaogvQH6aUngE3R0C1BnF4dr8I?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 61 5 1 5 17 Periwinkle Street C-Place 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -34.048316331367 24.911021084656
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za