Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

17 Ramsgate Dunes

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 17 Ramsgate Dunes, Marine-rylaan, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 190 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

17 Ramsgate Dunes is 'n selfsorgwoonstel in 'n kompleks in Marine-rylaan in Ramsgate, 2 km suid van Ramsgate Village en 5 km suid van Margate. Die omliggende omgewing is rustig met geen groot hotelle of winkelsentrums naby nie en bied 'n afgeleë wegbreek van die alledaagse gejaag. 'n Spar, slaghuis, apteek, hardewarewinkel, Tops en ander geriefswinkels is net 'n kort entjie se ry van die woonstel af. Daar is ook verskeie gesinsrestaurante in die omgewing.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Dié slaapkamer het ook 'n TV en toegang tot 'n balkon war oor die klein reservaat en die see uitkyk. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorggebruik en beskik oor 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die eetarea het sitplek vir 5 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Daar is ook 'n gaste-toilet. Die binnehof is geplavei en bied opwasgeriewe buite, 'n wassery, 'n wasgoedlyn en 'n buitestort. Die stoep het 'n groot eetarea, sowel as 'n ingeboude braai en 'n aparte sitarea waar gaste lekker met 'n boek kan ontspan.

Daar is 'n motorafdak vir parkeerplek voor die eenheid. Daar is strandstoele en sambrele in die stoorkamer in die motorhuis beskikbaar. Let asb. daarop dat gaste hulle eie strandhanddoeke, en DStv-dekodeerder en -slimkaart vir die DStv-koppelpunt moet saambring. Rook is verbode in die eenhede. Troeteldiere word nie in die kompleks toegelaat nie.

Die woonstel is in 'n klein veilige kompleks geleë wat oor elektriese heinings met afstandbeheerde toegang en 'n noodknoppie-afstandbeheer beskik. 'n Klein, dun natuurreservaat skei die woonstel van die strand. Die reservaat bied pragtige natuurskoon, beskutting teen die wind en privaatheid teen die strandgangers. Dit is net 200 m van die Southbroom-strand met lewensredders, 'n strandmeer, 'n restaurant en 'n getypoel af. Daar is 'n wonderlike paadjie al langs die strandfront - ideaal vir oefen en luilekker wandelinge. Die kompleks het ook 'n swembad en 'n klubhuis. Die kompleks het 'n boorgat so gaste sal nooit sonder water sit nie.

Slaapplek

’n Bespreking by 17 Ramsgate Dunes sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir 17 Ramsgate Dunes
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 17 Ramsgate Dunes, Marine-rylaan, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 17 Ramsgate Dunes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 17 Ramsgate Dunes, Marine-rylaan, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1PaBJZ9o5iNM7EUCT0HAAOeZbrlKCWeJJsMEXm2Y1PdEPBicm2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 190 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 17 Ramsgate Dunes Marine Drive 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -30.906162369223 30.335541235704