Uvongo Akkommodasie by 17 Seeskulp | LekkeSlaap
+19
+19

17 Seeskulp

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colinstraat 60, Eenheid 17 Seeskulp, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

17 Seeskulp bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vakansie-woonstel wat in 'n sekuriteitskompleks geleë is. Die woonstel is op die eerste verdieping, front noord en is slegs 2 en 'n half blokke vanaf die Uvongo-strand.

Die eenheid het 2 slaapkamers, 1 badkamer met 'n bad en stort, 'n aparte toilet en 'n oopplan-sitkamer, -ontbythoekie en -kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 stapelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond met 'n stoof en mikrogolfoond. Die leefarea lei na 'n balkon met ingeboude braaigeriewe. Die balkon bied 'n uitsig oor die kompleks se varswaterswembad.

Veilige onderdakparkeerplek word in die kompleks voorsien. Rook is verbode in die eenhede en gaste het toegang tot volledige DStv. Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke.

Uvongo is 'n gewilde vakansiebestemming en sy strand, strandmeer en skilderagtige waterval is alom bekend.

Slaapplek

’n Bespreking by 17 Seeskulp sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 2 resensies vir 17 Seeskulp
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Colinstraat 60, Eenheid 17 Seeskulp, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 17 Seeskulp het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colinstraat 60, Eenheid 17 Seeskulp, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM1YTUyODcyLWNiZWUtNGZjOS05MGY4LTNhZjNhOGNlOWJhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 60 Colin Street Unit 17 Seeskulp 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -30.8307389 30.3987612
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za