17 Slakkepas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

17 Slakkepas is 'n losstaande huis in 'n kompleks met 'n gemeenskaplike swembad en 'n speletjieskamer met tafeltennis en 'n pooltafel. Dit is net 200 m van die lieflike, eindelose strand af - 'n ideale vakansiebestemming.

Hierdie eenheid het 'n oopplan-kombuis met 'n toonbank, kroegstoele, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en oond. Die toegeboude stoep het 'n eetkamertafel en daar is 'n dubbelbed op die onderste vloer. Op die boonste vloer is daar 'n solderkamer met 'n dubbelbed. Verder is daar 'n lieflike buitebraai en die dek op die boonste vloer is ideaal vir sonsondergange en sterrekyk.

Dwarskersbos is net 150 km van Kaapstad af, 'n entjie verby Velddrif. Dit is 'n vissersdorpie langs die Atlantiese Oseaan, noord van Laaiplek in die Wes-Kaap. Die dorpie het sy naam gekry as gevolg van die kersbosse wat so volop in die omgewing voorkom.

Daar is heelwat om te doen: visvang, swem, stap en sonbaai op die strand. Velddrif is net 10 km van Dwarskersbos af en besoekers wat 'n behoefte het aan restaurante, museums, winkelsentrums en meer, kan gerus 'n draai daar gaan maak. Natuurliefhebbers sal mal wees oor die Rocherpan, 'n varswatergebied wat 'n tuiste bied vir bykans 183 voëlspesies, net 10 km van Dwarskersbos af.

Daar is ook 2 roetes vir 4x4-entoesiaste net 'n entjie van die dorp af.

Slaapplek

'n Bespreking by 17 Slakkepas sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 17 Slakkepas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za