LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 170 on 10th Street - V20 | LekkeSlaap
+19

170 on 10th Street - V20

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Straat 170, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 725 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

170 on 10th Street - V20 is 'n selfsorghuis in Hermanus, 'n gewilde vakansiedorp aan die Wes-Kaap se suidelike kus. Dié dorp is wêreldbekend vir sy fantastiese walviskyk-geleenthede, hetsy vanaf land of boot. Hermanus se natuurskoon, matige klimaat, buitelug-doendinge, ryk flora en nabyheid aan Kaapstad maak dit die ideale basis vanwaar die Kaapse Overberg verken kan word.

Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Dié kamer het ook 'n deur wat na 'n omheinde tuin lei. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en en suite-badkamers met storte.

Die ruim selfsorgkombuis het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n pragtige omheinde tuin met ingeboude braaigeriewe en 'n onderdak-onthaalarea.

Slaapplek

’n Bespreking by 170 on 10th Street - V20 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • 10de Straat 170, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 725
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 725
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Straat 170, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzMzE2YTI2LTFkYzItNGQzOC1hODUxLTZkYmUxNjhiYjk2OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 725  per nag (plek vir 6) 170 10th Street Hermanus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.410524 19.285317
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!