177 Kloof

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

177 Kloof is hoog teen die hange van Tafelberg, aan die bopunt van kleurvolle Kloofstraat met sy unieke boetieks, kafees en restaurante, geleë. Die woonstel is stapafstand vanaf die middestad en net 'n 10 minute-motorrit vanaf die V&A Waterfront en die bekende wit strande van Kampsbaai en Clifton.

Die woonstel bied slaapplek vir 2 gaste met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die leefarea het meer as genoeg sitplek, 'n 42" plasmaskerm-TV met DStv en 'n oop kaggel vir koue wintersaande. Langs die sitkamer is daar 'n eetarea met sitplek vir 6 gaste en versteek aan die regterkant, maar steeds met 'n oopplan-ontwerp, is 'n volledig toegeruste kombuis met gehalte-afwerkings.

Die oopplan-ontwerp bied 'n ononderbroke leefarea met 180°-vensters wat om die woonstel vou en die magiese uitsigte van Kaapstad tot by die Weskus en die Stellenbosch Wynroete tentoonstel.

Daar is ook parkeerplek in 'n parkeerarea met 'n wag agter die gebou. Die woonstelgebou bied goeie sekuriteit. Die ingang word gedeel met 'n ander woonstel.

Sommige van die besienswaardighede, slegs sowat 5 minute vanaf die woonstel, sluit Clifton en Kampsbaai se strande, die V&A Waterfront, die Groenpunt Stadion, Tafelberg se kabelkarretjies en Kloofstraat in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans
  •  Portugees

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 177 Kloof gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za