Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

18 Coogee Bay Beachfront Apartment

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Apr 2024 tot 30 Apr 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deary-laan 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 R1 295 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

18 Coogee Bay Beachfront Apartment is 'n selfsorgwoonstel wat na die see front in 'n veilige woonstelkompleks in Gonubie. Gonubie is 'n kusdorpie by die Gonubieriviermonding en is sowat 8 km van Oos-Londen af, en 30 km vanaf die lughawe.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste (verkieslik 4 volwassenes en 2 kinders) en beskik oor 2 slaapkamers. Daar is 'n ekstra lang koninggrootte-bed in die hoofslaapkamers, 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank (wat meer geskik is vir kinders). Die badkamer het 'n stort-oor-bad.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaat-induksiestoof en -gasstoof, elektriese oond, konveksie-mikrogolfoond, skottelgoedwasser, filterkoffiemasjien, wasmasjien-tuimeldroër en basiese kookgerei soos potte, panne en eetgerei toegerus.

Die sitarea lei na die balkon wat 'n lieflike uitsig oor die strand en see bied en gasbraaigeriewe het. Daar is 'n ook 'n hangmat op die balkon. Die sitarea langsaan het 'n slim-TV met Netflix en TV-programkanale. Gratis hoëspoed-WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n werkstasie met 'n 32"-skerm en koordlose sleutelbord en muis wat gaste op versoek kan gebruik vir hul skootrekenaars.

Die woonstel maak van 'n sonkraggeiser gebruik en daar is 'n gasbraai op die balkon. Die omsetter verskaf elektrisiteit wat die ligte en apparate met lae energie soos selfone, skootrekenaars en TV ondersteun.

Die kompleks het gemeenskaplike buitebraaigeriewe en 'n onderdakparkeerarea agter 'n hek met afstandbeheer.

Die woonstel is op die derde verdieping en kan slegs via trappe bereik word. Dit sal dus moeilik wees vir gaste wat sukkel om trappe te klim.

Gonubie bied pragtige staproetes, pragtige uitsigte oor die see en strandmeer, en verskeie watersportsoorte soos rivier- en klipvisvang, branderplankry, roei en bootvaart kan op die see of strandmeer geniet word. Ander doendinge en besienswaardighede sluit wildritte, die leeu- en slangpark, voëlkyk, vierwielmotorfietsry, voetslaan, pieknieks, gholf en plaasmarkies in.

Slaapplek

’n Bespreking by 18 Coogee Bay Beachfront Apartment sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 14 resensies vir 18 Coogee Bay Beachfront Apartment
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Deary-laan 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink 18 Coogee Bay Beachfront Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
R1 850 R1 295
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 850
R1 850 R1 295
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deary-laan 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjKnyg5fzl09YFnzdZG3AK8TKIrXd2G3OoZtELuBXEeDm2mmYb3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 850 nouVanaf R1 295 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 1 Deary Lane Gonubie 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.938388970361 28.031799559524