18 Park Road

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

18 Park Road bied gehalteverblyf in Yzerfontein vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 badkamers met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike banke, 'n TV met DStv en daar is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek.

Die eenheid het 'n lieflike binnebraai en 'n omheinde tuin waar gaste die uitsig oor die Nasionale Park kan geniet en waar kinders kan speel.

Daar is 'n toesluitmotorhuis vir 'n voertuig.

Yzerfontein is bekend vir sy natuurskoon, pragtige strande, seisoenale veldblomme en asemrowende sonsondergange. Die huis is net 5 km vanaf die bekende 16 myl-strand wat aan die Weskus Nasionale Park grens.

Slaapplek

'n Bespreking by 18 Park Road sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 18 Park Road gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 115 R1 798 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za