Thompsonsbaai Akkommodasie by 18 Siesta | LekkeSlaap
+14
+14

18 Siesta

6 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 76, Siesta 18, Shakas Rock, Ballito , 4391, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

18 Siesta is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die gewilde vakansiedorp Shaka's Rock in Ballito. Die eenheid is op die eerste verdieping en is geskik vir 'n gesin of 2 paartjies.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n skuifdeur wat toegang tot die stoep bied. Die tweede slaapkamer het toegang tot die tweede badkamer met 'n stort. Badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, wasmasjien, tuimeldroër, yskas-vrieskas, eetgerei, glasware en kookgerei toegerus. Daar is 'n platskerm-TV met DStv. Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met stoepmeubels en braaigeriewe.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en daar is veilige parkeerplek vir voertuie. Dis naby Thompsons Bay-strand en -getypoele in 'n beskutte baai waar besoekers kan swem en visvang.

Salt Rock se strand is net af in die pad en besoekers kan branderplankry, duik en visvang. Daar is gesinsvriendelike strande met piekniekareas, storte en 'n groot getypoel. Thompsons Bay het ook lewensredders.

Daar is 'n diereplaas waar kinders kan gaan speel naby. Gholfspelers kan tussen Simbithi, Umhlali en Zimbali kies om 'n potjie gholf te gaan speel.

Slaapplek

’n Bespreking by 18 Siesta sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 6 resensies vir 18 Siesta
Netheid
4.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 76, Siesta 18, Shakas Rock, Ballito , 4391, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 18 Siesta het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 76, Siesta 18, Shakas Rock, Ballito , 4391, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUHpj3mbgSk2mj7GfnRZunTaCLMenG4Zr9bpOoFpxPL5Xib2APO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 76 Ocean Drive 18 Siesta, Shakas Rock 4391 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.518250737187 31.226474493742
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za