19 Azure on Big Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

19 Azure on Big Bay is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer net 500 m vanaf Big Bay-strand in Bloubergstrand, Kaapstad. Blougbergstrand het 'n beeldskone uitsig op Tafelberg en dit is die ideale bestemming vir gaste wat die Kaap en omliggende areas wil besoek. Die goue strand is ideaal vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry en ander doendinge in die omgewing sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet in.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die hoofbadkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is sitplek vir 4 mense in die eetarea en die sitarea het 'n L-vormige rusbank, 2 enkelbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n arkademasjien uit die 80's met meer as 600 speletjies wat gaste gratis kan gebruik.

Verder kan 'n mens sonbaai langs die gemeenskaplike swembad, op die balkon in die vars seeluggie ontspan, of 'n uiltjie knip terwyl die branders in die agtergrond breek. Daar is 'n voetgangershek wat van die woonstelkompleks na die Eden on the Bay-strandfront met sy winkels, restaurante, kroeë en skoonheidsalonne lei. Die strandfront het 'n skouspelagtige uitsig op Tafelberg en Robbeneiland.

Slaapplek

'n Bespreking by 19 Azure on Big Bay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 19 Azure On Big Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za