19 Loader Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

19 Loader Street is 'n bekoorlike huis in die lieflike De Waterkant-area van Kaapstad, geleë teen Seinheuwel aan die Atlantiese Seekus, binne stapafstand van die middestad, Groenpunt Stadion en die V&A Waterfront.

Die huis het 3,5 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 gaste. Die 2 en suite-slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer in die gang oorkant die kamer. Daar is nog 'n klein slaapkamer met 'n enkelbed. Die huis is volledig gemeubileer en toegerus met topgehalte-handdoeke en -linne. Daar is TV's in al die slaapkamers. Die smaakvol gemeubileerde sitkamer- en eetkamer-area met TV, DVD/Video en CD-speler. Die volledig toegeruste kombuis het 'n oond, stoof, vrieskas, yskas, mikrogolfoond, strykyster en skottelgoedwasser. Die eenheid word 2 keer per weer skoongemaak (ekstra dienste is beskikbaar teen 'n addisionele koste).

Loader Street is deel van die historiese 19de eeuse Kaapstad met sy tradisionele huise, ysterwerk en veranda's. No 19 is 'n Victoriaanse huis gemeubileer in die styl van daardie era met skilderye en porselein-dekor wat aan daardie tyd herinner. Die huis het tog steeds al die voordele van moderne leef en dit geniet gemaklik gemeubileerde patio's aan die voorkant en agterkant van die huis.

Rook is verbode in die huis, maar word wel buitekant toegelaat. Daar is WiFi, 1 privaat toesluitmotorhuis, 'n pendeldiens na die lughawe, huurmotors en toere kan gereël word. Loader Street is net 'n paar meter weg van die Cape Quarter Winkelsentrum, wat 'n verskeidenheid winkels, restaurante en twee gimnasiums bied.

Slaapplek

'n Bespreking by 19 Loader Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 19 Loader Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]