19 Marina Island
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Marina Island, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 250 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
19 Marina Island is 'n selfsorg-huis in Marina Island, 'n luukse en veilige plek teen die kanale in St. Francisbaai in die Oos-Kaap. Dit is perfek vir 'n vriendegroep of familie wat op soek is na 'n moderne wegbreek in 'n rustige area, naby aan die afgeleë strand. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die huis het 5 slaapkamers met en suite-badkamers. 4 van die kamers is op die boonste verdieping. Drie van die kamers het koninggrootte-beddens en die ander 2 het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in koninggrootte-beddens. Daar is 3 balkonne vanwaar gaste die beeldskone uitsig kan geniet. Die slaapkamer op die onderste verdieping spog met 'n privaat binnehof. Daar is TV's in die sitkamer, TV-kamer en al die slaapkamers wat aan 2 dekodeerders en 'n DVD-speler gekoppel is sodat jou geliefdes hulle gunsteling flieks kan geniet.
Die sitkamer en eetkamer het 'n oopplan-uitleg en die volledig toegeruste kombuis het 'n opwaskamer. Daar is gemaklike banke in die sitkamer en 'n aparte TV-kamer wat ook 'n mengeldrankiekroeg met yskassies het vir gaste se vermaak. Daar is 'n groot tafel in die eetkamer met sitplek vir 10 mense. Die eilandkroeg in die kombuis het 4 stoele en daar is geriewe soos 'n yskas, 'n gasstoof, -oond, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Geriewe in die opwaskamer sluit 'n Scottsman-ysmaker, 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en ander ekstras in.
19 Marina Island het ook 'n sondek wat van die sitkamer af strek na 'n groot swembad (kan verhit word) en braaigeriewe. Daar is 2 tafels buite met 16 stoele en 3 sonstoele wat oor die kanaal uitkyk. Die dek het 'n buite-stort met warm en koue water en strek vir 30 meter al langs die kanaal af. Daar is 'n vasmeerplek by die pier en 'n versteekte strandjie waarop jy kan ontspan. Ons het ook parkering vir 'n paar motors en sleepwaens op die perseel met afstandbeheer waarmee gaste die perseel betree en verlaat.
Slaapplek
’n Bespreking by 19 Marina Island sluit in:
Opsomming van Resensie
Ligging
- 19 Marina Island, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Gaste dink 19 Marina Island het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Francisbaai St. Francis Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Marina Island, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom