1915 Monte Mare

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1915 Monte Mare bied selfsorgverblyf in 'n gesinsvakansiehuis in die veilige Monte Mare-kompleks in Sandbaai, Hermanus. Die kompleks is net 3 minute se ry vanaf Hermanus se middedorp, 2 minute se ry vanaf Sandbaai se strand en naby 'n inkopiesentrum. Die Overberg-wynroete is minder as 1 km vanaf die huis.

Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die twee kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetkamer het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n Jetmaster-kaggel. 'n Dubbelmotorhuis is beskikbaar.

Die Monte Mare-kompleks het 'n gemeenskaplike areas en 'n swembad.

Slaapplek

'n Bespreking by 1915 Monte Mare sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1915 Monte Mare gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za