Sea Park Akkommodasie by 2 Oxford Road | LekkeSlaap
+17
+17

2 Oxford Road

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Oxford Pad, , Port Shestone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

2 Oxford Road is in die bekoorlike dorpie, Southport, in Port Shepstone geleë. Die area bied 'n groot verskeidenheid doendinge vir 'n prettige vakansie.

Dié selfsorghuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 2 uitrolbeddens. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n hoekie by die voordeur met 'n slaapbank wat omskep kan word in 'n ekstra dubbelbed. Die tweede badkamer het slegs 'n stort.

Die leefarea is oopplan en beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, breekware en eetgerei en 'n aparte opwaskamer met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Daar is 'n swembad, sonstoele, en patiomeubels met sitplek vir 8 gaste en 'n Weber-braai buite. Ons bied ook veilige parkeerplek vir 2 voertuie. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder saambring.

Southport Beach is slegs 5 minute se stap vanaf die huis. Dié Blouvlagstrand is slegs 8 km noord van Port Shepstone en tussen Sunwich Port en Southport geleë. Die strand is meestal afgesonder en nie kommersieel nie en is ideaal indien jy op soek is na rus en stilte. Daar is verskeie skaduryke areas wat perfek is vir 'n gesinsvakansie. Die strand is veral gewild onder gaste wat wil sonbaai, diepseehengel en snorkel.

Slaapplek

’n Bespreking by 2 Oxford Road sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Slaapsaalbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xSlaapsaalbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir 2 Oxford Road
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 2 Oxford Pad, , Port Shestone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 2 Oxford Road het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Oxford Pad, , Port Shestone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3NTQzNTczLWE4N2YtNDQyMC1hZTRiLTU4OTI1NjdhZjI3Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 10) 3 5 1 5 2 Oxford Road Southport 4230 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.6935955 30.491749
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za