Kenton-on-Sea Akkommodasie by 2 Park Place in Kenton-on-Sea | LekkeSlaap
+28

2 Park Place in Kenton-on-Sea

Selfsorg
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Park Place 2, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

2 Park Place in Kenton-on-Sea is 'n selfsorg-vakansiehuis in Kenton-on-Sea. Dié skilderagtige bestemming aan die Oos-Kaapse Sonskynkus is 'n paradys vir watersportentoesiaste. Dit spog met pragtige wit strande waar gaste kan waterski, vlieërbranderry, visvang, roei en vaar op die Boesmans- en die Kariegariviere.

Die huis bied verblyf aan 10 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n groot aantrekkamer met 'n grimeringstasie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer het 'n TV met USB-geriewe. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat op spesiale versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die derde badkamer is 'n buitebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis, eetarea en sitkamer is oopplan. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware, asook 'n opwasarea met 'n wasmasjien. Daar is 'n ontbythoekie met 'n ronde tafel met sitplek vir 6. Die sitkamer het 'n TV en 'n kaggel.

Daar is 2 addisionele kuierareas wat 'n TV-kamer met 'n kroeg en 'n groot speletjieskamer met 'n klein snoekertafel, 'n tafeltennistafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies insluit. Die speletjieskamer het 2 enkelbeddens en 2 ekstra enkelslaapbanke.

Daar is 'n buitebraai-area met 'n ingeboude braai, 'n Weber, roker- en potjiekosgeriewe en buitemeubels.

'n Dubbeltoesluitmotorhuis is beskikbaar, asook veilige parkeerplek vir nog 5 voertuie in die agterplaas. Die huis word deur gewapende reaksie beveilig.

Slaapplek

’n Bespreking by 2 Park Place in Kenton-on-Sea sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Park Place 2, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Park Place 2, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlpp9592exZzp7UoGnV8IZGB8U61XVOWZ48F7hcOnumWYCpS0hf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 10) 2 Park Place Kenton-on-Sea 6191 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.683333122818 26.675198647816
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za