2 Shad Lane

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

2 Shad Lane is in Umtentweni, aan die suidkus van KwaZulu-Natal en bied gehalteverblyf vir 'n klein groep of gesin. Dit is binne bereik van verskeie winkels, restaurante, strande, doendinge en trekpleisters.

Dié moderne, tweeslaapkamer, grondvloerwoonstel bied verblyf vir 4 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is 'n aparte gastetoilet. Die hoofslaapkamer het lugversorging en daar is plafonwaaiers in die tweede slaapkamer en leefarea.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike banke, asook 'n TV met DStv en die eetkamer het genoeg sitplek waar gaste saans etes kan geniet.

Die woonstel lei na 'n beskutte patio en die kompleks bied 'n gemeenskaplike braai-area, swembad en vermaaklikheidsarea.

Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel.

Umtentweni hoofstrand is 'n kort ent se ry en is gewild onder branderplankryers, sonsoekers en vissermanne. Shad Lane strand is meer afgesonder en is 'n gewilde visvangplek.

Slaapplek

'n Bespreking by 2 Shad Lane sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 Shad Lane gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za