Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

20 Cayman Beach

Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 31 Mei 2024. Bespreekbaar tot 1 Apr 2024

Tyd oor om te bespreek
13
Dae
1
Ure
42
Min
36
Sek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Cayman Beach, Felicia-singel 29, Gordonsbaai, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 R2 520 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

20 Cayman Beach villa is in Gordonsbaai geleë en spog met 'n asemrowende uitsig oor die see en op die berge. Dié verblyf is naby die strand en bied slaapplek aan 6 gaste. Hierdie helder, verwelkomende villa is 60 meter vanaf die strand. Daar is ook baie restaurante en winkels naby.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Daar is 2 badkamers met net 'n stort, terwyl die 1 en suite-badkamer beide 'n bad en 'n stort het.

Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, oond, stoof, dubbeldeur yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Dit sluit ook moderne toebehore soos 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser in. Die groot, gerieflike sitkamer het 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi word voorsien.

Die huis beskik ook oor 'n kroeg- en eetarea, asook 'n ruim toegeboude balkon met 'n platskerm-TV en braaigeriewe waar etes geniet kan word met die geluid van die see in die agtergrond. Daar is 'n stoep bo die toegeboude balkon wat 'n pragtige 360-grade-uitsig oor die see, berge en omgewing bied. Die omheinde tuin het braaigeriewe en gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek.

Kaapstad Internasionale Lughawe is net 30 minute weg en ander gewilde bestemmings soos die V&A Waterfront en Tafelberg is net 45 minute weg. Gordonsbaai het 2 oulike hawens met fantastiese seekosrestaurante. Dit is ook net 15 minute se ry vanaf Somerset-Wes, Stellenbosch en die Kaapse Wynlande. Gaste kan ook die kuspad na Rooiels, Bettysbaai en Hermanus aandurf, veral gedurende die walvisseisoen.

Slaapplek

’n Bespreking by 20 Cayman Beach sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 14 resensies vir 20 Cayman Beach
Netheid
4.1/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • 20 Cayman Beach, Felicia-singel 29, Gordonsbaai, 8000, Wes-Kaap
  • Gaste dink 20 Cayman Beach het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
R3 600 R2 520
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 600
R3 600 R2 520
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Cayman Beach, Felicia-singel 29, Gordonsbaai, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA604152287b0842b3f6cb35e376cf5553921512a07a3e10b8001d2dd844e8c3325fb4c6ea9972b0b1a4d4c59ece08100c082b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 600 nouVanaf R2 520 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 20 Cayman Beach 29 Felicia Crescent 8000 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-16:00 10:00 -34.145281958953 18.854223489761