201 Harbour Town Vaal Marina

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

201 Harbour Town Vaal Marina is 'n moderne gesinshuis wat onlangs opgeknap is. Dit het 'n swembad en is op 'n 1000 m² erf in 'n stil deel van 'n gholflandgoed langs die Vaaldam.

Die huis het 4 slaapkamers met koningingrootte-beddens en daar is 2 badkamers. Een van die badkamers is en suite. Die tweede badkamer word tussen die ander 3 kamers gedeel.

Die moderne kombuis is ten volle toegerus en het 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die oopplan-leefarea lei na 'n dubbelstoep met 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die swembad. Die motorhuise is in 'n speletjieskamer omskep met 'n pooltafel en tafeltennis, ideaal om die jongspan besig te hou.

Die huis is ontwerp met ontspanning in gedagte en is ideaal vir 'n gesinsnaweek of langer wegbreke.

Die Harbour Town-landgoed het 2 tennisbane, 'n klubhuis, 'n par 3 PGA spec'd-gholfbaan, wandelpaadjies wat kilometers ver strek, 2 speelparkies en oorgenoeg oop ruimtes. Gaste wat lief is vir fotografie kan die pragtige natuurskoon vasvang, veral die sonsondergange.

'n Gratis boothelling is gedurende die dag tot gaste se beskikking. Vaartuie word slegs op die water toegelaat mits dit 'n geldige sertifikaat het en die skipper 'n lisensie het.

Slaapplek

'n Bespreking by 201 Harbour Town Vaal Marina sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 201 Harbour Town Vaal Marina gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za