204 Ballito Manor Gardens

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

204 Ballito Manor Gardens is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks oorkant Ballito se hoofstrand. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en al die doendinge aan die Noordkus.

Dié woonstel het 2 slaapkamers en 2,5 badkamers, en is smaakvol ingerig met ons gaste se gerief in gedagte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 dubbelstapelbeddens wat geskik is vir kinders. Die leefarea is oopplan en die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond met stoof en ingeboude kaste met breekware en eetgerei.

Die waskamer is langs die kombuis en is toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het leerbanke en 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Daar is skuifdeure wat lei na 'n gemeubileerde balkon met 'n gasbraaier en lieflike uitsigte oor die see in die verte.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks. 204 Ballito Manor Gardens is ook net 'n klein entjie se ry vanaf verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede.

Slaapplek

'n Bespreking by 204 Ballito Manor Gardens sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 204 Ballito Manor Gardens gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 050 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za