21 C View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

21 C View is 'n dubbelverdiepinghuis na aan Moerie's Bay in Jacobsbaai. Dit is waarlik net 'n klipgooi van die see af. Jacobsbaai is 'n Weskus-dorpie wat omring word deur natuurlike fynbos. Dit is na aan Vredenburg en Saldanha en net 150 km van die Moederstad (Kaapstad) af.

Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 gaste op 'n slag. Daar is 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-eetarea. Die leefarea het 'n binnebraai met 'n see-uitsig. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n tweede kamer met 'n dubbelbed op die grondvloer. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer op die grondvloer beskik slegs oor 'n bad.

Die kombuis is toegerus met alles wat jy sou benodig vir selfsorg, insluitend 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond en 'n stoof met 'n oond. 'n Volledige see-uitsig kan van die eerstevloer-balkon af geniet word. Die huis het 2 braai-areas waarvan 1 op die patio is en die ander in die oopplan-leefarea. Daar is parkeerplek onder 'n skadunet beskikbaar vir gaste se gebruik.

Let daarop dat die sleutels in Vredenburg afgehaal moet word by Alex Alarms, 'n 24 uur-diens. Die sleutels moet weer daar afgegee word wanneer gaste vertrek.

Slaapplek

'n Bespreking by 21 C View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 21 C View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za