Zimbali Akkommodasie by 21 Forestwood | LekkeSlaap
+21
+21

21 Forestwood

Selfsorg
  • Vanaf R5 400 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Forestwood Rylaan, , Dolfynkus, 4418, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

21 Forestwood is in die Zimbali Coastal Estate geleë en bied verblyf van die hoogste gehalte, ideaal vir jou volgende gesinsvakansie. Dié eksklusiewe huis sal verseker dat jy luukse verblyf aan KwaZulu-Natal se noordkus geniet.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus en lei af na 'n gemaklike sitkamer met hoë, oop plafonne en 'n eetkamer met skuifdeure wat lei na die onthaalarea en tuin. Die leefarea, met gewelfde plafonne, bied 'n uitsig oor die tuin en swembad en die stylvolle kombuis vervloei moeiteloos met die sitkamer, bedekte patio en swembad. Daar is 'n ingeboude braaiplek in die onthaalarea vir 'n gerieflike kuier.

Daar is 4 slaapkamers in die huis waarvan 2 op die onderste verdieping geleë is. Die hoofslaapkamer en 'n tweede dubbelkamer is op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer-suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met beeldskone uitsigte oor die woud. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elkeen van die kamers het 'n en suite-badkamer en daar is 'n aparte gaste-toilet op die onderste verdieping. Linne en handdoeke word regdeur die huis voorsien.

Daar is gemaklike sitplek in die leefarea asook 'n lekker groot eetarea, lugversorging en 'n TV met DStv. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Dit sluit 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, breekware en eetgerei in.

Die huis het 'n privaat swembad, braai-area en tuin vir gaste se gebruik. Daar is ook 2 oop parkeerplekke op die perseel.

Let asseblief daarop dat rook streng verbode is in die eenheid. Toiletpapier, opwasmiddel en swartsakke word met aankoms voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by 21 Forestwood sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xKoningingrootte-bed
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 21 Forestwood Rylaan, , Dolfynkus, 4418, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 400
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 400
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 400
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Forestwood Rylaan, , Dolfynkus, 4418, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJmZTk5NTNjLTYyZWYtNDE5My1hMDY0LWM1NWU0MTcxZWI1ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 400  per nag (plek vir 8) 21 Forestwood Drive Zimbali Coastal Estate 4418 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.552105207726 31.197870075703
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za