Uvongo Akkommodasie by Uvongo Square 21 | LekkeSlaap
+18

Uvongo Square 21

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Uvongo Square 21, onderste verdieping, Foster-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R590 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Uvongo Square 21 is 'n woonstel op die grondverdieping in die hartjie van Uvongo met see-uitsigte vanaf die balkon, sitarea en die hoofslaapkamer, wat slaapplek aan 6 gaste bied. Dit is die ideale verblyf vir 'n gesin of 'n vriendegroep.

Dié eenheid het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea, groot balkon en onderdakparkeerplek. Die hoofslaapkamer bied toegang tot die balkon en het 'n koningingrootte-bed, 'n 32'' platskerm-TV en oorgenoeg kasruimte. Die tweede slaapkamer bestaan uit 2 enkelbeddens met oorgenoeg kasruimte. Daar is 'n gerieflike badkamer met 'n lieflike stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is onlangs opgeknap met granietblaaie en is volledig toegerus met 'n oond, stoofplaat, yskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, breekware en eetgerei, glase, potte en panne. Die sitarea het 'n slaapbank, 'n 42'' platskerm-TV, DStv op versoek en 'n goeie klankstelsel. Braaigeriewe is beskikbaar in die kompleks.

Die woonstel is ongeveer 75 meter van Uvongo se Blouvlagstrand af. Daar is 'n skoonheid-spa en salon en wasgoedgeriewe in die kompleks. Dit is loopafstand van winkels, geriewe en die openbare strand af. Al die luukse linne is ingesluit by die prys, bring net asseblief jou eie handdoeke en vadoeke.

Slaapplek

’n Bespreking by Uvongo Square 21 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 9 resensies vir Uvongo Square 21
Netheid
4.1/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Uvongo Square 21, onderste verdieping, Foster-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Uvongo Square 21 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R590
per nag (plek vir 6)
Vanaf R590
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Uvongo Square 21, onderste verdieping, Foster-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczMDc3NTJmLTEwNTktNDNjOC04MTkwLWU4NGFkZThlNDkyOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R590  per nag (plek vir 6) 9 5 1 5 21 Uvongo Square, Ground Floor Foster Road 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.833713490475 30.394227951765
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za