210 L'Escalier Cabanas

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 13 Desember 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

210 L'Escalier Cabanas is 'n selfsorgvakansiewoonstel in 'n kompleks op Amanzimtoti se strandfront. Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en is naby besienswaardighede soos winkelsentrums, Splash Waterworld, uShaka Marine World, wildreservate en die Suncoast Kasino.

Die woonstel is op die tweede verdieping en het slaapplek vir 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Hierdie kamers gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster en 'n ketel toegerus. Daar is 'n gemaklike sitkamerstel, 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n TV met Openview HD-kanale in die leefarea. Hierdie area en die slaapkamer bied toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig.

Gaste kan die see-uitsig vanaf die stoep geniet terwyl hulle 'n vleisie op die gasbraai braai.

Gaste wat DStv verkies moet asb. hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring.

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, 'n parkeerarea vir 'n klein sleepwaentjie en 'n ekstra parkeerplek in die kompleks.

Gaste kan van die gemeenskaplike swembad en braai-area gebruik maak en die kompleks bied toegangsbeheer en direkte toegang tot die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by 210 L'Escalier Cabanas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 210 L'Escalier Cabanas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R665 per nag (plek vir 6)

Kry 30% af vir verblyf voor 13 Desember 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za