213 Breakers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

213 Breakers bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde tweeslaapkamerwoonstel in die Breakers-oord in Umhlanga. Die oord bied toegang tot die promenade en die strand.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad en 'n stort. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus en die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale wat van die oord af kom. Die woonstel het ook lugversorging vir warm somersdae.

Daar is kelderparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste kan van die hotelgeriewe gebruik maak. Daar is 'n gimnasium, sitkamer met internet, speelarea vir kinders, 'n salon, putt-putt, 'n restaurant en 3 swembaddens waarvan 1 verhit is.

Die gewilde Umhlanga-promenade strek vir 2,5 km vanaf die Breakers-oord tot by die Malindi-kompleks in die suide. Die promenade is die ideale plek vir gaste om te wandel of draf. Die ligging bied ook toegang tot winkels en restaurante in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by 213 Breakers sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 213 Breakers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za