22 @ Chelsea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

22 @ Chelsea is 'n stylvol gemeubileerde woonstel in 'n veilige kompleks in George. Dit is ideaal vir sakereisigers, maar maak ook vir gesinne voorsiening. Dié woonstel skuil aan die voet van die Outeniekwaberge. George is 'n goeie basis vanwaar die Tuinroete verken kan word.

Die woonstel het 2 slaapkamers en bied verblyf vir 4 gaste op 'n slag. Daar is 2 ekstra lang enkelbeddens in die hoofslaapkamer en 'n stapelbed in die tweede slaapkamer. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaat-induksiestoof, mikrogolf en kookgerei. Addisionele geriewe sluit 'n TV met sekere satellietkanale en veilige parkeerplek in.

Doendinge in die dorp sluit gholfspeel, visvang, vlerksweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk in seisoen en perdry in.

Slaapplek

'n Bespreking by 22 @ Chelsea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 22 @ Chelsea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za