LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 22 Protea | LekkeSlaap
+23

22 Protea

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Protea-rylaan 22, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R12 100 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

22 Protea Place skuil teen Gordonsbaai se berg en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieverdiepinghuis met 'n uitsig oor Valsbaai en op die Helderberg in die verte.

Dié moderne huis is oopplan met 'n hoë plafon, groot leefareas en glasskuifdeure wat van die vloer tot die plafon strek en bied 'n panoramiese uitsig vanaf die 6 slaapkamers en leefareas.

Gaste kan van die voordeur of die motorhuis na die boonste verdieping van die huis gaan. Daar is 2 hoofslaapkamers en 2 gastekamers met 'n koninggrootte-bed elk wat ook as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Elkeen van hierdie slaapkamers het 'n en suite-badkamer en privaat balkon. Elke slaapkamer het 'n TV, 'n oop bad en 'n stort wat gaste toelaat om die uitsigte vanuit 'n borrelbad te waardeer en een van die gastekamers het selfs sy eie kombuisie.

As jy met die trap afgaan sal jy 2 slaapkamers, die ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea vind. Die slaapkamers hier het koninggrootte-beddens wat ook as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en een van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer, terwyl die ander slaapkamer toegang tot 'n gedeelde badkamer met 'n bad of stort het. Elkeen van hierdie kamers het 'n privaat balkon.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n induksiestoof, 4 oonde en 'n yskas-vrieskas, asook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser in die opwaskamer. Hier is ook 'n pasgemaakte etenstafel met 'n bronsblad en sitplek vir 12 gaste. Die sitarea het 'n rusbank en 'n TV met die volledige DStv-pakket. Internet-TV, Blu-Ray en DVDs is ook beskikbaar sowel as WiFi. Die huis het ondervloerverhitting.

Die onderdakbalkon bied 'n uitsig oor die see en daar is 'n stil en skaduryke binnehof met braaigeriewe. Indien gaste van die hoofleefarea af met die trap afgaan sal hulle 'n verhitte swembad en 'n dek vind waar daar sitplek is om die uitsigte op die berg en oor die baai te geniet. 'n Swembadstortkamer en aantrekkamer is ook beskikbaar

Slaapplek

’n Bespreking by 22 Protea sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir 22 Protea
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Protea-rylaan 22, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Gaste dink 22 Protea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R12 100
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R12 100
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Protea-rylaan 22, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlPJRDTqN1FgllvYCT4WDsqUC4fVmpYxXM34wGuOAc7DkXUUnHB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 100  per nag (plek vir 12) 2 5 1 5 22 Protea Drive Gordon's Bay 7151 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.171229676639 18.847192235582
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!