23 Kalkoond

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

23 Kalkoond is ’n smaakvol versierde huis in Yzerfontein met ’n pragtige see-uitsig. Dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Dis ook die ideale plek vanwaar jy die Weskus en die asemrowende veldblomme tydens blomseisoen kan verken.

Die huis het 3 slaapkamers wat slaapplek aan 6 gaste bied. Die hoofslaapkamer het ’n ekstra lang, koninggrootte-bed, die tweede kamer het ’n koningingrootte-bed en die derde kamer het ’n dubbelbed. Alle kamers het ’n en suite-badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het ’n gemaklike sitstel en ’n TV met DStv. Daar is ook ’n eetarea met oorgenoeg sitplek.

Die lieflike stoep het ingeboude braaigeriewe en ’n manjifieke see-uitsig.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by 23 Kalkoond sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 23 Kalkoond gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 930 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za