23 The Mill

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

23 The Mill is 'n gerieflike selfsorg-dupleksmeenthuis teen die hange van Tafelberg in Kaapstad. Dit is ten volle gemeubileerd met 'n oopplan-leefarea op die onderste vloer. Die boonste vloer bied uitsigte op Tafelberg en oor die see in die verte. Dit is in 'n sekuriteitskompleks met toegangsbeheer.

Die meenthuis bied gerieflike slaapplek vir 5 gaste in 3 slaapkamers met lugversorging. Slaapkamer 1 het 'n koninggrootte-bed. Slaapkamer 2 het 2 enkelbeddens. Slaapkamer 3 het 1 enkelbed wat geskik is vir 'n kind of volwassene. Kamers 2 en 3 het lessenaars en al die kamers het ingeboude kaste. Die badkamer op die boonste vloer het 'n reuse Jacuzzi, 'n stort, toilet en dubbelwasbak. Die badkamer op die onderste vloer word gedeel en het 'n toilet, wasbak en wasgoedgeriewe. Die wassery het 'n wasmasjien en tuimeldroër, met 'n afdroograk binne en afdroog-area buite. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis en die sitkamer het 'n TV met DStv-Compact. Daar is ook 'n versameling DVD's, CD's en speletjies om te geniet. WiFi is beskikbaar.

Die patio bied 'n tuintjie, sitplek en 'n braai-area vir dae wanneer die weer lekker is. Daar is 'n afstandbeheerde motorhuis met direkte toegang tot die agterplaas, en oorgenoeg gratis besoekersparkeerplek by die kompleks se ingange voor en agter. Daar is 1 skoonmaakdiens ná 7 dae wat by die tarief ingesluit is. Addisionele skoonmaak en die vervanging van linne kan teen ekstra koste van R650 per week gereël word.

Die meenthuis is 20 minute van die Kaapstad Internasionale Lughawe af en ook op die My CiTi-busroete. Ons is gerieflik geleë naby die middestad, Kaapstad Konferensiesentrum, V&A Waterfront, Wembley Square, Virgin Active-gimnasium, Gardens Winkelsentrum, Charlie's Bakery, Kompanjiestuin, die historiese kuslyn en museums.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Dienste

  •  Telefoon
  •  Koordlose Internet

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 23 The Mill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za