LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 24 Bush House Mabalingwe | LekkeSlaap
+18

24 Bush House Mabalingwe

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Plot 24 Elandsfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 400 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

24 Bush House Mabalingwe is in die Mabalingwe Wildreservaat geleë en bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n knus huis met uitsigte oor die bos. Die huis bied slaapplek aan slegs 6 volwassenes en 6 kinders en die beddens vir die kinders mag nie vir volwassenes gebruik word nie.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 uniek versierde dubbelkamers. Die hoofslaapkamer het 'n stort en 'n bad en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n stort. Die solderkamer het 3 enkelbeddens met uitrolbeddens onder elkeen, wat ideaal is vir kinders. Dié kamer het ook 'n skuifdeur wat na 'n patio lei waar gaste uitsigte oor die omgewing kan geniet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die huis het 'n oopplan-kombuis en -sitkamer wat na 'n patio met 'n tafel en stoele lei. Die huis beskik oor volledige DStv. Die kombuis het 'n kombuistoonbank en Rhodesiese djatihoutstoele. Verder is dit volledig toegerus met 'n wyn-yskas, 'n ysmasjien, 'n sesplaat-gasstoof, eetgerei en breekware.

Gaste kan ontspan in 'n verhewe plonspoel wat oor die omgewing uitkyk of in die boma-area met 'n braai en 'n wasbak. Mabalingwe Wildreservaat is sowat 34 km vanaf Bela-Bela, in die hartjie van die Waterberg.

Gaste kan gerus lusern in Bela-Bela aanskaf om diere na die watergat te lok.

Maak asb. seker dat die vensters gesluit is en deure behoorlik toegemaak is aangesien die apies lastig kan wees en eiendom kan beskadig.

Ons hoop dat jy jou verblyf by 24 Bush House sal geniet. Moenie huiwer om ons te kontak indien jy enige verdere inligting of hulp nodig het nie.

Slaapplek

’n Bespreking by 24 Bush House Mabalingwe sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Kinderbed vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 6 persone
6 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 11 resensies vir 24 Bush House Mabalingwe
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Mabalingwe Natuurreservaat, Plot 24 Elandsfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink 24 Bush House Mabalingwe het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 12)
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Plot 24 Elandsfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlODgzODlmLTU1NjUtNGRjNy04N2FjLTQyODBmYTM4ZDAwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 400  per nag (plek vir 12) 11 5 1 5 Mabalingwe Game Reserve Plot 24 Elandsfontein 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.849577 28.042484
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!