24 Glenfruin Meadows Guest Suite

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

24 Glenfruin Meadows is 'n gaste-suite wat volledig toegerus is vir selfsorg. Dit is in Hermanus geleë met asemrowende uitsigte oor die omliggende berge. Daar is verskeie uitstekende restaurante en 2 wynkelders binne stapafstand van die suite.

Die suite het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n oopplan-leefarea en -kombuisie en 'n houtdek. Daar is 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer en dit bied lieflike berguitsigte. Die volledige badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg. Daar is 'n platskerm-TV met volledige DStv in die leefarea. Die houtdek is die ideale plek om 'n skemerkelkie of vroegoggend koppie koffie te geniet. Dit is ook 'n uitstekende uitkykpunt vanwaar jy die oorvloed voëls in die tuin kan sit en dophou. 'n Wandeling al langs die Onrusrivier met uitsigte oor die berge is 'n uitstekende tydverdryf en boonop goed vir die siel. Braaigeriewe kan gereël word indien nodig.

Slaapplek

'n Bespreking by 24 Glenfruin Meadows Guest Suite sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 24 Glenfruin Meadows Guest Suite gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za