24 Uluwatu

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

24 Uluwatu is ’n luukse vierslaapkamerhuis op die pragtige Zimbali Gholflandgoed aan KwaZulu-Natal se Noordkus. Skilderagtige, ongerepte strande skei die Indiese Oseaan en die welige kusplantegroei. Die huis is langs die derde putjie en kyk oor die see en bosse uit. Hier word gaste met ’n ongelooflike uitsig wakker en kan sien hoe diere op die gras by die voorstoep wei.

Dié selfsorgeenheid is volledig toegerus en bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ’n bad en stort. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ’n bad en 'n stort. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en deel ’n badkamer, en die vierde kamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad.

Die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea lei na ’n stoep met ’n tafel vir 8, 2 leunstoele en braaigeriewe.

Die kombuis is volledig toegerus met ’n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die eetarea het ’n tafel met sitplek vir 8.

Daar is gemaklike banke en ’n TV met volledige DStv in die sitarea. WiFi is ook beskikbaar.

Al 4 kamers en die leefarea het oor lugversorging. Strand- en badhanddoeke en linne word voorsien. Daar is ’n gazebo en koelhouer vir die strand.

’n Skoonmaakdiens is elke dag beskikbaar, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Daar is ’n bababedjie vir kein kinders.

Zimbali Coastal Resort is ’n hoë-sekuriteitslandgoed en bied ’n veilige omgewing vir vakansiegangers. Gaste het privaat toegang tot die strand en swembaddens.

Daar is ook spa-geriewe, gholf, tennis, muurbal, perdry en restaurante op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by 24 Uluwatu sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 24 Uluwatu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za