25 on Seal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

25 on Seal is 'n dubbelverdieping huis met 3 slaapkamers wat in die hart van Lampiesbaai, langs die Goue Myl en net 5 minute se ry van die strand af geleë is.

Die huis het 'n oopplan-uitleg wat dit ruim en lugtig maak. Die slaapkamers is almal op die eerste verdieping wat deur trappe bereik word. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n hangkas en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak en is oorkant die ander 2 slaapkamers. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die kleiner, derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en is ideaal vir kinders.

Die kombuis het al die nodige toebehore en kookgerei. Die oopplan-sitarea het 'n groot binnebraai en bied toegang tot 'n omheinde binnehof met 'n braai-area. 'n Platskerm-TV met OpenView-kanale is beskikbaar, maar daar is ongelukkig nie DStv of WiFi nie. Speletjies en boeke word ook voorsien.

Daar is parkeerplek in die motorhuis vir 1 voertuig en ekstra parkeerplek in die straat buite die huis.

Die huis is in 'n stil keeromstraat oorkant die parkie waar kinders na hartelus kan speel en fietsry.

Slaapplek

'n Bespreking by 25 on Seal sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 25 On Seal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za