26 Degrees South

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

26 Degrees South is 'n ruim en suite-kamer in 'n privaat woning in Fairland, Johannesburg. Dit is ideaal vir sakereisigers of oornaggaste wat rustige verblyf soek. Dit is naby verskeie winkels, restaurante en hoofweë.

Dié kamer het sy eie ingang, 'n koningingrootte-bed, gehalte Egiptiese-linne, asook 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n sitarea en werkstasie met gratis WiFi beskikbaar.

Ander geriewe sluit 'n TV met DStv, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, strykgeriewe, 'n haardroër, eerstehulpsakkie en 'n brandblusser in.

Die skuifdeur lei na 'n gemeenskaplike stoep met toegang tot die tuin.

Veilige parkeerplek agter 'n heining met 'n alarmstelsel wat aan die blitspatrollie verbind is.

Gaste kan ook van die oopplan-leefarea in die huis gebruik maak.

Die huis is in 'n stil, boomryke-area naby aan verskeie restaurante, 'n apteek en winkels geleë.

Dit is 10 minute se ry vanaf die Cresta Winkelsentrum, 4 minute vanaf die MTN-hoofkantoor, baie naby aan die Flora Kliniek, die Ooghospitaal, Florida Unisa-kampus en 5 minute vanaf die hoofweë.

Etes kan vooraf teen 'n ekstra koste bespreek word.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 26 Degrees South gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za