26 Degrees South Bush Boho Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

26 Degrees South Bush Boho Hotel bied B&B 14 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe. Dié hotel is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike oornagplek vir 'n sake- of vakansiewegbreek.

26 Degrees South Bush Boho Hotel spog met kunstige dekor en 76 kamers wat individueel versier is. Elke kamer het 2 enkelbeddens of 1 koningingrootte-bed, en 'n en suite-badkamer. Daar is ook gratis WiFi, lugversorging, verwarming, 'n TV met sekere DStv-kanale, en koffie- en teemaakgeriewe in al die kamers.

Ontbyt word soggens in die restaurant op die perseel bedien en ander smaaklike geregte kan teen ekstra koste bestel word. Die hotel het ook 'n kroeg, gastesitkamer, en 'n swembad.

Konferensie- en vergaderlokale is beskikbaar vir sakelui en troues, spanbousessies en ander geleenthede kan gereël word.

26 Degrees South Bush Boho Hotel is puik geleë ten op sigte van verskeie trou-venues in die omgewing, net 10,5 km vanaf die Renoster- en Leeureservaat, 18 km vanaf die Wieg van die Mensdom, en al die buitelugdoendinge in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 26 Degrees South Bush Boho Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za