LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 27-Degrees South Safaris | LekkeSlaap
+70

27-Degrees South Safaris

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bartonweg, Harris Plaas, Siyanda Distrik, 8450, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

27-Degrees South Safaris is aan die voet van die Langeberge, net buite Olifantshoek en op een van die Kaap na Namibië-roetes geleë.

Dié lodge het 7 en suite-chalets met slaapplek vir 20 gaste in totaal. Sommige van die chalets het 'n privaat boma-area. Die boskamp se geriewe is geskik vir 50 mense in Kalahari-klip- en seilstrukture waarvan 2 boskamers is wat elk 2 enkelbeddens en ablusiegeriewe het. Daar is ook 'n Afrika-boma met geriewe om 'n film onder die sterre te kyk. Volwassenes en kinders kan die Kalahari-glyplank geniet en afkoel in die plaasdam.

Die ligging spog met mooi landskappe, sterre in die nag en verskeie wild. Dit is perfek vir 'n gesinswegbreek, 'n romantiese wegbreek vir 'n paartjie en selfs spanbougeleenthede.

Gaste kan die mooi uitsigte oor die Kalaharivlaktes geniet, vroeg in die oggend of laat in die middag gaan wildkyk, perdry, voetslaan, voëlkyk, sterrekyk, kleiduifskiet, swem, spanbou en leierskap-safaris hou, veldskool bywoon, of partytjies en troues hou.

Daar is geriewe vir spanbougeleenthede en leierskapsuitdagings waar werknemers hulself moet uitdaag deur die Kalahari Safari Mini Olympics. Verskeie veldskole en jeugkampe word ook aangebied waar deelnemers leer hoe om die Kalahari met sy wild en natuur te beskerm.

Die Chef, Manus, maak uitstekende disse met wildsvleis. Ontbyt word op die stoep onder die Witgatboom bedien en middagete word op die heerlike koel stoep bedien. Etes bestaan uit verskillende gange en word gepaar met goeie Kalahari-wyne. Gaste kan ook kies om van die selfsorggeriewe gebruik te maak en piekniekmandjies kan ook bestel word. Braaigeriewe is in die privaat boma beskikbaar.

Die Afrika Boma-aande is 'n groot gebeurtenis en gaste kan uitsien na verskeie wildsvleisdisse en plaaslike wyne. Gaste moet bespreek.

'n Lughawe pendeldiens vir tot 6 gaste is tussen Sishen Lughawe en die lodge beskikbaar indien vooraf gereël.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Bartonweg, Harris Plaas, Siyanda Distrik, 8450, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kalahari Noord-Kaap
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bartonweg, Harris Plaas, Siyanda Distrik, 8450, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAu0yMYGRyEPBgtaGoiRdFv0t659YVtBU3pkSb6XDruep6m3Ypxg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 2 persone) Barton Road Harris Farm 8450 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.698454538545 22.669911591085
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!