27 on Kenridge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

27 on Kenridge bied gehalteverblyf in Kenridge, Durbanville in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Dié ruim eenheid (108 m²) is naby tientalle winkelsentrums, die MediClinic Hospitaal, restaurante, gimnasiums, wynroetes, deli's en 'n spa. Dis sowat 21 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die duplekswoonstel het 'n oopplan-slaapkamer met 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n oopplan-badkamer. Die badkamer het 'n bad met 'n uitsig, 'n stort, 'n toilet, 2 wasbakke en handdoeke. Ander geriewe in die kamer sluit 'n kluisie vir waardevolle besittings, 'n gasverwarmer, 'n waaier, 'n TV met volledige DStv, 'n DVD-speler, tydskrifte en 'n elektriese kombers in.

Die onderste area bestaan uit 'n oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, braaipan, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklik leerrusbanke met 'n pels-kombersie, asook 'n gasverwarmer vir die wintermaande. Daar is 'n lessenaar, stoel, 'n kragpunt en 'n radio vir sakereisigers. 'n GeyserWise-sisteem is ook geïnstalleer in die woonstel. Omdat daar trappe na die woonstel lei, word dit nie vir ouer mense aanbeveel nie.

Gaste het toegang tot 'n privaat parkeerplek en ingang. Die eenheid is in 'n veilige omgewing met 24 uur-gewapende reaksie en maklike toegang tot sleutels via die sleuteltoegangsboks. Die kode sal 24 uur voor aankoms voorsien word.

Slaapplek

'n Bespreking by 27 on Kenridge sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 27 On Kenridge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za