29 Beachy Head

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

29 Beachy Head is 'n klassieke Mediterreense-styl selfsorg-strandhuis naby Robbergstrand in Plettenbergbaai. Dit is net 5 minute se stap vanaf Robbergstrand 2 wat lewensredders in seisoentyd het.

Dié huis het 2 sitareas, 3 aparte stoepe met afdakke, 3 slaapkamers, 3 badkamer, 'n eetarea, kombuis en veilige parkeerplek.

Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n ekstra lang koninggrootte-bed, bedkassies, leeslampe, 'n stoel en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n groot instapstort. Daar is 'n gedeeltelike see-uitsig tussendeur die huise voor die strandhuis en 'n tuin-uitsig na die noorde. Die tweede slaapkamer is ook bo en het 'n koningingrootte-bed bedkassies en leeslampe. Dié kamer front noord en het 'n tuin-uitsig. Die badkamer is oorkant die kamer en het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die derde slaapkamer is onder en het 'n dubbelbed, bedkassies en leeslampe. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die eerste sitarea is die TV-kamer met 'n bank met sitplek vir 3 en 4 stoele. Daar is 'n koffietafel, 'n boekrak met boeke en tydskrifte en 'n kaggel. Die kamer het 'n deur aan 2 kante wat na die groot stoep lei.

Die tweede sitarea is die sonkamer wat 'n deur het wat lei na 'n Juliet-balkon wat wes front en na 'n stoeparea met 'n afdak wat noord front. Daar is 2 banke met sitplek vir 2 elke, 2 leunstoele, 'n koffietafel en 'n kaggel.

Die eetkamer het 'n tafel met sitplek vir 8 en 'n deur wat 'n groot stoep met 'n afdak lei. Die eetkamer het 'n groot onderdeur wat na die kombuis lei. Die stoep het 'n tafel met sitplek vir 5 en ingeboude bankies. Daar is 'n ingeboude braai, rooster en braai-toerusting, asook 'n vuurput en 'n Weber-ketelbraai.

Die kombuis het 'n sesplaatgasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrgolfoond, ketel, broodrooster en 'n dubbelwasbak. Die kombuisdeur lei na 'n agterplaas met 'n wasgoedlyn, wasbakke en 'n buitestort. Daar is 'n aparte toilet en 'n stort, en trappe wat af na die waskamer lei. Die waskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Daar is parkeerplek onder 'n afdak vir 1 voertuig en nog 'n parkeerplek langsaan. Die parkeerplekke is agter die elektriese hek. Dié ingangsarea het ook ligte met bewegingsensors en alarmstrale. Daar is nog strale rondom die huis wat saans geaktiveer kan word indien nodig.

Slaapplek

'n Bespreking by 29 Beachy Head sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 29 Beachy Head gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za