LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 3 Cyprus Manor | LekkeSlaap
+9

3 Cyprus Manor

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 19:00
  • Adres: Bo-Cross-straat 11, Cyprus Manor, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

3 Cyprus Manor is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid in 'n woonstelkompleks in die kusdorp Mosselbaai. Dié prentjiemooi dorp is bekend vir sy matige klimaat regdeur die jaar, die Garden Route Casino, 60 km se goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike-, kulturele- en historiese besienswaardighede.

Die tweeslaapkamer-eenheid is op die eerste verdieping en word via trappe bereik. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die sitkamer het 'n dubbelslaapbank. Die badkamer in die eenheid word gedeel en dit het 'n stort-oor-bad.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, ketel en kookgerei. Daar is ander geriewe soos 'n TV met DStv en 'n balkon met 'n braai-area en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste.

Daar is besienswaardighede soos Botlierskop Wildreservaat, Garden Route Nasionale Park, wynlandgoedere, Bothastrand en Groot-Brak Museum naby. Daar is ook doendinge soos visvang, sweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk gedurende die seisoen en perdry in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by 3 Cyprus Manor sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Bo-Cross-straat 11, Cyprus Manor, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 19:00
  • Adres: Bo-Cross-straat 11, Cyprus Manor, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfCuNWLkyV0hksAe9i8K1zT5nvkrrzpgWis3ziaPHaybVjHb7A4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 250  per nag (plek vir 6) 11 Upper Cross Street Cyprus Manor 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 08:00-20:00 19:00 -34.18315767236 22.153007373016
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!