3 Degrees North Penthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

3 Degrees North Penthouse bied selfsorgverblyf aan gaste en is in 'n klein, veilige kompleks in Groenpunt geleë. Die woonstel spog met prentjiemooi uitsigte oor die stad en see in die verte.

Die woonstel is op die boonste verdieping geleë, het lugversorging en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en het 'n oopplan-en-suite met 'n stort, bad en 'n dubbelwasbak. Die hoofslaapkamer spog met glasstapeldeure wat lei na 'n houtdek. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en dubbelwasbak. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n stapeldeure wat toegang bied tot 'n privaat dek en tuinarea.

Die oopplan-kombuis het die nodige toebehore om maaltye voor te berei. Die leefarea langsaan het 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Groot glasstapeldeure lei na 'n ruim dek met patio-meubels, braaigeriewe en 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan, Robbeneiland, Tafelbaai en die Moederstad se hawe.

Gratis WiFi is beskikbaar. Die kompleks is naby plaaslike restaurante, kroeë en boetiekwinkels. Die V&A Waterfront, Groenpuntstadion, park en Seepunt se promenade is net 'n entjie se ry ver.

Slaapplek

'n Bespreking by 3 Degrees North Penthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3 Degrees North Penthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za