3 Dolphins

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

3 Dolphins is in die rustige kusdorp, Blythedale, minder as 1 km van die see af. Die perseel het 'n pragtige tuin en van die stoep af bied dit 'n uitsig oor die see in die verte.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n aangrensende kamer met 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Tussen die leefarea en die eetarea is daar 2 slaapbanke. Daar is ook 'n gastetoilet langs die kroeg-area.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n platskerm-TV. DStv-kanale is beskikbaar op versoek. Die leefarea het ook 'n kroegarea met stoele.

Die huis het 'n groot balkon met patio-meubels en braaigeriewe. Daar is 'n swembad.

Blythedale bied verskeie doendinge soos hengel, swem by die strand onder toesig van lewensredders, voëlkyk, asook walvis- en dolfynkyk op sekere tye van die jaar. Die perseel is net 16 km van die Prince's Grant-gholflandgoed af.

Dit is ook 7 km van die inkopiesentrum in Stanger af. Daar is 'n winkel en restaurant in Blythedale. Ballito is 22 km van die perseel af.

Slaapplek

'n Bespreking by 3 Dolphins sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 6 persone
1 x Dubbelbed
2 x Stapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3 Dolphins gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 599 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za