3 on Derwent

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

3 on Derwent is 'n smaakvolle selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Tuine in Kaapstad. Die kompleks is ideaal geleë naby 'n rits sake- en ontspanningsgeriewe in die middestad.

Die woonstel is op die grondvloer en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en kan ook as kantoorruimte gebruik word. Langsaan is 'n badkamer met 'n stort-oor-bad.

Die oopplan-kombuis het al die nodige toebehore om etes voor te berei. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n droograk vir klere. Die leefarea lei na 'n groot terras met 'n uitsig oor die tuin en perseel.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike wassery, 'n seisoenale swembad en veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit. Die woonstelblok front na 'n gemeenskaplike park met 'n klein speelterrein aan die verste punt en 'n pragtige uitsig op Tafelberg.

Die gebou is lekker naby Kloofstraat waar daar allerlei restaurante, kroeë, deli's, supermarkte en boetiekwinkels is. Die perseel is sowat 3 km vanaf die CTICC, die Kunstekaap en Tafelberg se kabelkarretjie, 5 km vanaf die V&A Waterfront, en naby vele ander besienswaardighede.

Slaapplek

'n Bespreking by 3 on Derwent sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3 On Derwent gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za