3 Palms Beach Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Die 3 Palms Beach Villa bied luukse selfsorgverblyf op 'n heuwel in 'n stil doodloopstraat in Bloubergrant. Die area is 'n baie privaat, veilige, gevestigde en gesogte deel van Kaapstad. Daar is 'n buurthek wat direkte toegang tot Bloubergstrand se skilderagtige tonele bied met Tafelberg, Leeukop, die Twaalf Apostels en Robbeneiland in die agtergrond.

Dié vrystaande drieslaapkamerhuis het 'n lekker vermaakarea met 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefkamer, 'n balkon met ongelooflike uitsigte op Tafelberg en 'n swembad en tuin wat net sulke pragtige uitsigte op Robbeneiland bied.

Die 3 kamers is beeldskoon ingerig vir gaste se gerief en elke kamer kan apart bekom word. Die baie ruim hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad en 'n lessenaar wat uitsigte op Tafelberg bied. Een van die ander kamers kyk uit op die swembad, Bloubergstrand en Robbeneiland. Die tweede en derde kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus met al die moderne geriewe wat gaste benodig, insluitende 'n yskas-vrieskas, 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser, 'n stoof, oond en 'n mikrogolfoond.

Gaste sal dadelik tuis voel in die helder sitkamer met uitsigte wat jou asem sal wegslaan. Ontspan op die rusbanke, lees 'n boek of kyk TV. Saans sal jy ook die knus warmte van die kaggel geniet en jou verkyk aan die liggies van Kaapstad in die nag.

Dié luukse villa se strand-tema, ligte kleure en smaakvolle afwerkings maak die verblyf enig in sy soort.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3 Palms Beach Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 900 R3 510 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za