LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 3-Rondavels | LekkeSlaap
+23

3-Rondavels

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 28 resensies vir 3-Rondavels
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5
Hgb E - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hgb E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die eenvoud en gasvryheid.

Drie rondawels se samensmelting in die natuur en gasvryheid.

Yvonne V - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvonne V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent.

We had a good stay. It was awesome.

Jan P - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was fantasties.

Eienaar het als verduidelik en later ook gebel om op te volg of alles nog reg is. Ons het verblyf baie geniet en beveel 3-Rondavels baie sterk aan.

David W - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
David W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Baie droog die tyd van die jaar, sal weer wil bespreek in die somer.

Jakes G - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jakes G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangename ervaring en Dawie was baie behulpsaam.

Die rondawel is goed geleë. Oudtyds, maar baie smaakvol toegerus. Die regte plek om jou skoene uit te skop en ontspan. Restaurante en winkel is lekker naby geleë. Definitiewe aanbeveling!

Heleen W - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Heleen W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gemiddeld.

Ons verblyf was nie sleg nie, alhoewel daar dinge is waarop die bestuur van 3-Rondavels kan let. Die kombuisie is baie beperk wat eetgerei aanbetref. Daar is nie genoeg bakke ens. om bv. slaai in te maak nie. Ek moes 2 poedingbakkies gebruik. Daar was ook nie 'n vuuraansteker nie en vir ons wat nie rook nie was dit 'n probleem want ons moes toe ry en een gaan koop. Die items soos bv. die stofie is baie oud en roes al bo by die plate. My ervaring was ook dat die eenheid beslis nie die dag voor aankoms net weer skoongemaak is nie, ons het regtig baie spinnerakke oral oor gevind. Insekte is maar deel van die omgewing, maar as mens bietjie spuit binne en onder die bed sal dit baie help. Die geyser is bitter klein en ons moes beurte maak om te stort of bad. Water het vinnig koud geword. Daar is soveel potensiaal, ons voel net dat konstante instandhouding (daagliks) 'n groot verskil kan maak. Die deck se planke is op plekke baie swak en kort aandag, sny so bietjie van die takke oop waar mens tussen die braai area en rondawel beweeg, 'n swembadseil sal ook 'n groot aanwins wees. Geen bed slaap soos mens se eie bed nie, maar die bed in Tamboer is ongelukkig ongelooflik ongemaklik. Rondawels is ook bitter naby aan mekaar wat privaatheid beslis beïnvloed. In wese nie 'n swak kuier nie, net opbouende kritiek vir 'n beter ondervinding vir in die toekoms.

Joané U - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Joané U
Gesin met klein kinders

Bekostigbaar.

Ek sal drie rondawels aanbeveel vir iemand wat Marloth toe wil gaan wat 'n klein begroting het, dit is definitief bekostigbaar. Ek sal net voorstel dat die mense hulle eie beddegoed vat, ons het nie en ek wens regtig ons het. Die beddegoed is maar bietjie moeg en die duvets was glad nie gepas vir winter nie! Ons het koud gekry. Daar is 'n swembad, wat nie omhein is of 'n net het nie, ek het klein seuntjies, so ons het op die ou end swembad se water uitgetap met tuinslang. Dis 'n baie lekker setup wat hulle het en ons het ons tyd baie geniet, dis net die beddegoed, en ek stel voor jy vat 'n paar goedjies saam om in die kombuis ook te werk, dit wat hulle daar het is maar oud.

Lorayne H - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lorayne H
Gesin met klein kinders

Baie rustig en gemaklik!

Baie dankie aan die eienaar, Dawie, wat absoluut uit sy pad gegaan het om ons gemaklik en welkom te laat voel. Dit was 'n wonderlike wegbreek van 13 dae in 'n pragtige blyplekkie. Daar is alles wat jy benodig met besoekers op jou stoep soos kudu's, vlakvarke, apies, tarentale en snags nagapies wat kom eet. Ek sal 3-Rondavels vir enigiemand aanbeveel! Ons het lekker uitgerus en sien uit na die volgende vakansie!

Nastascha H - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Nastascha H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed, maar nodig verbetering.

Goeie diens, foto's is nie presies hoe die plek is nie, die rondawels is baie teen mekaar en min privaatheid. Plek was nie heeltemal skoon nie, beddegoed was aaklig en vol weeluise. Bytplekke gehad vir meeste van die vakansie. Beslis 'n ernstige probleem.

3-Rondavels's terugvoer

Goeie dag Nastascha,

Ek is jammer dat julle ontevrede was met julle bly by ons en ons sal verseker inkyk na die probleem.Skoonheid is baie belangrik vir ons en ek moet net uitwys dat ons self die rondawels versorg. Dit is nie vuil nie. Elke gas kry vars beddegoed wat die vorige dag gestryk is. Dis spesiaal gemaak vir ons en meeste mense hou baie daarvan.
Verder: daar is geen luise in ons rondawels nie. Ons spuit gereeld vir muskiete, wat ander insekte ook sal beheer. As mense gebyt word, dan het hul in die veld geloop waar bosluise en blaaspootjies hulle bykom.
Dawie

3-Rondavels
Lauren K - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lauren K
Gesin met klein kinders

Stunning venue and location, with excellent value for money, we will definitely return to 3 Rondavels to visit.

Upon arrival we were met by owner Dawie, who took us through the venue and gave some solid safety advice for Marloth Park, being an animal sanctuary. We loved the venue, with the stunning bathrooms and outdoor areas, and with the splash pool for the kids. Everything on the property is well maintained and clean. Visitors can expect great value for money. Wonderful hosts, thank you again.

Elinda M - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elinda M
Enkelreisiger

Baie goeie waarde vir geld!

Heerlike verblyf en fantastiese waarde vir geld! Sal definitief weer daar oorbly!

Petro S - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petro S
Gesin met tieners

Baie oulike plekkie.

Sal net volgende keer die groot rondawel bespreek. Bietjie klein vir 2 grootmense en 2 tieners.

Nelize S - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nelize S

Lieflike plekkie om weg te breek na stilte.

Rustige plekkie, perfek vir die wat graag uit die stad se geraas wil ontsnap - beslis waarde vir geld.

Zelda V - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Zelda V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik. Alles wat jy benodig is daar.

Ons verblyf by 3 Rondawels was baie gemaklik. Skoon en veilig.

Brian V - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Brian V
Saam met vriende

Gerieflik en rustig wegbreekplek.

Het ons naweek baie geniet. Plek het alles wat mens nodig. Nie te vêr van winkels. Sal weer daar bly. Was bederf met al die diere wat rondbeweeg. Lekker braaiplek en splash pool om af te koel.

Danielle W - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danielle W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gemaklik, mooi en netjies!

3-Rondavels is beslis 'n plek wat mens gemaklik laat voel. Dawie wat ons gehelp het was vriendelik en jy kan enige tyd op sy knoppie druk! Die kuierarea is lekker groot en die swembad is heerlik. Sal beslis weer soontoe gaan!

Hester B - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hester B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker.

Ons het lekker daar gekuier. Naby die Krokodilhek as jy lief is vir die wildtuin. Dankie vir julle hulp elke keer.

Nina D - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Nina D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bietjie duur vir wat mens kry, maar baie oulike plek en mense.

Baie oulike plekkie wat oulik gebou en versier is. Baie mooi skoon en die eienaars was altyd beskikbaar en vriendelik. Kombuis toestelle bietjie oud en verniel.

Margreet P - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Margreet P
Gesin met klein kinders

Rustig en mooi rondawels. Daar is moeite gedoen om die rondawels mooi te laat lyk.

Pragtige natuur omgewing. Sal definitief weer hier kom oorslaap.

Renate V - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Renate V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was fantasties.

Ons het baie lekker gebly. Dit was stil en rustig. Kon lekker uitrus. Kon die voëltjies hoor sing en die sterre was asemrowend. Nie veel diere gesien nie, maar ons het dit nog steeds geniet. Baie dankie aan Dawie en Grietjie.

David F - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
David F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Afgryslik heerlik.

Dit was baie lekker daar en die plek is baie smaakvol.

3-Rondavels's terugvoer

Dankie vir julle kuier in die bos. Ons sal julle graag weer hier ontvang. Dawie en Grietjie.

3-Rondavels
Leona N - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leona N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker rustige omgewing.

3-Rondavels was baie gerieflike plek om te bly. Ek en my man het die plek baie geniet aangesien ons tussen diere wou wees. Net die diere en die naggeluide het die plek net so besonders gemaak. Kan nie wag om weer daar vakansie te hou nie.

3-Rondavels's terugvoer

Dankie vir julle kuier in die bos. Ons sal julle graag weer hier ontvang. Dawie en Grietjie.

3-Rondavels
Ansie L - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ansie L
Saam met vriende

Dit was aangenaam.

Ons het dit baie geniet en het die akkommodasie bevredigend gevind. Dit was skoon en daar was alles wat mens sou kon nodig kry. Die eienaars was baie vriendelik en tegemoetkomend en het ons baie welkom laat voel. 'n Muis het ongelukkig net elke aand die een rondawel binnegekom en was op 'n stadium langs iemand se kop op die kussing, wat nogal 'n slegte ondervinding was. Mens verstaan egter dat so iets kan gebeur in die bos.

Riaan P - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Riaan P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig in die bos.

3-Rondavels is presies wat dit voorgee om te wees: rustige en pragtige boslewe is al om jou terwyl die geriewe eenvoudig maar tog genoeg is.

Johan D - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was lekker rustig, dankie.

Was lekker gegewees. Hou van die omgewing, dis lekker naby die wildtuin en prys is baie billik. Sal weer kom kuier daar, dankie.

3-Rondavels's terugvoer

Dankie vir julle besoek en waardering Johan. Ons sal julle graag weer verwelkom. Groete, Dawie.

3-Rondavels
Corne H - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
4/5
Corne H
Saam met vriende

Te bang vir die slange in die bos, so sal dit nie weer gebruik nie.

3 Ronawels se décor is vir my baie mooi, iets besonders, maar die plekkie kort 'n baie goeie skoonmaak asook lugversorging want dis te warm daar. 'n TV kan ook nogal 'n verskil maak. Baie nice owners, Oom Dawie en Grietjie. 'n Baie giftige slang het ons ontmoet met die aankomslag en dit was vir my te senuweeagtid, en het 28 Desember huis toe gekom. Boonste kamers kort baie lig en lugversorging. Hulle kan dit regtig baie nice maak met 'n bietjie TLC.

Paul K - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Paul K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi sal weer terug gaan na hulle toe.

Baie professioneel. Sal dit vir enige persoon aanbeveel.

Heleen L - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heleen L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Alles is uitstekend en sal ons verseker weer daar bly!

Netjies, goed toegerus, smaakvol. Uitstekende waarde vir geld.

Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kudu-weg 170, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlYjNjNjM2LTYzNjQtNDkzNS04MzEwLWU5ZTk2OTg5YmU3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 28 5 1 5 170 Kudu Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -25.394939 31.764915
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!