Margate North Beach Akkommodasie by 30 Mont Blanc | LekkeSlaap
+16
+16

30 Mont Blanc

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reid-weg, Mont Blanc, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

30 Mont Blanc bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel in 'n kompleks in Manaba Beach, Margate. Die kompleks is stapafstand vanaf winkels, restaurante en Lucien Beach.

Die woonstel is op die tweede vloer van 'n dubbelverdieping-gebou en bied 'n panoramiese uitsig oor die Indiese Oseaan. Daar is slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens elk. Daar is 'n oopplan-leef en -eetarea en die kombuis het 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, oond en stoof en 'n skottelgoedwasser. 'n TV en DVD-speler is beskikbaar, en jy kan jou eie dekodeerder en slimkaart bring as jy die nuutste weergawe het. DStv-kaarte is ook te huur by die TV-winkel agter die woonstel.

'n Ingeboude gasbraai is op die balkon beskikbaar. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring. Vir gaste wat langer bly, kan daar gereël word om die linne te ruil. Die woonstel word nie skoongemaak tydens jou verblyf nie, maar 'n skoonmaakdiens kan gereël word. Al die nodige skoonmaakmiddels word voorsien.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n wassery met wasmasjiene en tuimeldroërs wat teen ekstra koste gebruik kan word. Gaste het toegang tot 1 toesluitmotorhuis en daar is sekuriteit by die hoofhek. Lewensredders is aan diens by Manaba se hoofstrand, Lucien Beach. Verder is daar talle eetplekke in die omtrek, sowel as by St Michael's, Southbroom, Ramsgate en Port Edward.

Slaapplek

’n Bespreking by 30 Mont Blanc sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir 30 Mont Blanc
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Reid-weg, Mont Blanc, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 30 Mont Blanc het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reid-weg, Mont Blanc, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPi4lXpWqy5cTBdkS9ZQvpmXGoSw4mkVREv5LWTThhM3nHcBUl8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Reid Road Mont Blanc 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.855084 30.377225
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za