Simbithi Eco Estate Akkommodasie by 30 Plumbago | LekkeSlaap
+16

30 Plumbago

Selfsorg
  • Vanaf R3 745 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plumbago 30, Simbithi Eco Estate , Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

30 Plumbago is op die veilige Simbithi Eko-landgoed in die hartjie van Ballito. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid besienswaardighede aan die Noordkus.

Die huis is geskik vir 8 en het 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Elke badkamer het 'n bad en stort.

Die kombuis is met 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 8 en daar is 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea. Gratis WiFi word voorsien.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met stoepmeubels, etenstafel en braaigeriewe. Die stoep het 'n uitsig oor die tuin en swembad.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis en word daagliks, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae, skoongemaak.

Die landgoed het 4 gemeenskapsale met swembaddens, 'n rugbyveld, putt-putt, piekniekareas, braaigeriewe, stap- en fietsryroetes, 'n ruitersentrum en baie voëls en diere.

Aan die gholfkant van die landgoed is daar 'n eksklusiewe 18 putjie-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is en die The Simbithi Country Club met 'n kroeg, sitarea, gratis WiFi, die bekende Fig Tree Restaurant en veilige Adventure Playground vir kinders.

Slaapplek

’n Bespreking by 30 Plumbago sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Plumbago 30, Simbithi Eco Estate , Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 745
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 745
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 745
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plumbago 30, Simbithi Eco Estate , Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA90d77b2e5e5dc0168170f9def58e7ed9228a7350419f996fb9a5dcde115adf9f01d32cfa724ba7e917c34433269b340c42ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 745  per nag (plek vir 8) 30 Plumbago Simbithi Eco Estate 4390 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.520796775084 31.211547064015
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za