Willard's Beach Akkommodasie by 301 Manor Gardens | LekkeSlaap
+15

301 Manor Gardens

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg 102b, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 350 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

301 Manor Gardens is professioneel gemeubileer en stel gaste in staat om 'n ontspannende wegbreek aan die asemrowende Noordkus van KwaZulu-Natal te geniet. Die hoë gehalte, ongeëwenaarde geriewe en ligging van dié woonstel verseker dat dit een van die mees gewilde vakansieverblyf-opsies in Ballito is. Gaste het direkte toegang tot die strand en daar is hipermoderne sekuriteit.

Die hoofslaapkamer bied toegang tot 'n stoep met 'n lieflike uitsig oor die see, en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en dubbelwasbak. Die kamer het ook 'n 40" LCD-TV. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, vrieskas, stoof, oond, uitsuigwaaier en 'n mikrogolfoond, sowel as oorgenoeg breekware en eetgerei. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer spog met 'n 55" LCD-TV, 'n DVD-speler en DStv-kanale. 'n Volledige pakket sluit Catch Up en Box Office in. Die oopplan-eetkamer het 'n etenstafel met sitplek vir 6.

Ander geriewe sluit lugversorging met individuele kontroles in elke kamer in. Daar is draagbare lugversorgers in die hoofslaapkamer en sitkamer. Die eenheid beskik ook oor optiesevesel-internet. 'n Bababedjie, strandtentjie en 2 groot strandsambrele word voorsien, sowel as 'n visvangstok en lokaas. Gaste moet hulle eie visvanglisensies uitneem.

Buite is daar 'n stoep met buitemeubels en 'n gasbraai, en dit kyk uit oor die strand. Daar is 2 sonstoele om op te ontspan. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, 'n swembad en onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.

Matriek- en studentebesprekings word nie toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens word in die week voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by 301 Manor Gardens sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Compensation Beach-weg 102b, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg 102b, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApEgyeEIs4AokVUxZb4Ezd59nDOMhPTxPXcZssgFkQi91YM5008?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 350  per nag (plek vir 6) 102b Compensation Beach Road Ballito 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.53199 31.22275
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za