Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

314 Nautica

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walvisstraat, De Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R975 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

314 Nautica is 'n pragtig ingerigte, luukse woonstel wat gerieflik geleë is, net 500 m van De Bakke-strand af in Mosselbaai, 'n kusdorpie op die wêreldbekende Tuinroete. .

Die woonstel bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, 'n sitkamer met 'n platskerm-TV en 'n volledig toegeruste kombuis. Die woonstel is op die grondvloer en is maklik bereikbaar. Om ontspanne vakansies te verseker is die woonstel toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër, sekere DStv-kanale en lugversorging. Die ruim balkon is toegerus met braaigeriewe en het 'n see-uitsig.

Die gebou waarin die woonstel geleë is word goed onderhou, 'n motorhuis met 'n outomatiese deur is beskikbaar en 24/7-sekuriteit verseker rus vir jou siel. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Mosselbaai is net 41 km van George Lughawe af en bied restaurante en geskiedkundige besienswaardighede. Moenie vergeet om 'n wildreservaat of 'n wynplaas te besoek nie. Santos-strand, die gewilde Blouvlagstrand, is net 2 minute se ry van die woonstel af en is ideaal vir besoekers wat dolfyne en walvisse (gedurende die seisoen) wil dophou). Hartenbos se Blouvlagstrand is ook net 8 km van die woonstel af. Mosselbaai is 'n gewilde vakansiebestemming wat veral bekend is vir sy pragtige strande teen die warm Indiese Oseaan.

Slaapplek

’n Bespreking by 314 Nautica sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 27 resensies vir 314 Nautica
Netheid
4.6/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Walvisstraat, De Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink 314 Nautica het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R975
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R975
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walvisstraat, De Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwZWYxYmJjLTgxMWEtNDViMi04MmVmLTc4NGMzM2M3NjczYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R975 per nag (plek vir 2) 27 5 1 5 Walvis Street De Bakke 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.172031255153 22.122758030891